Eastern Cape, BURGERSDORP, Urban area / Eastern Cape, BURGERSDORP, Old cemetery / (6 of 6 images)
Begraafplaas inligting:- Hierdie begraafplaas is baie histories. Dit lê aan die rand van die dorp, aan die voet van die berg. Die pad na die begraafplaas gaan deur 'n parkie, langs die rugbyveld verby. Tussen die rugbyveld en die begraafplaas gaan die pad deur, wat na die berg toe gaan. Ons het altyd daar met 'n kar gery tot op die helfte van die berg en dan verder geloop. Dit was die roete van die 1838 kakebeenwa, van die Voortrekkers. Die begraafplaas is baie verwaarloos. Die dennebome is groot en daar lê baie dik lae gedroogde dennenaalde op die grafte. Daar is ook baie skaduwees, wat soms nie duidelike foto's gee nie. Daar is ook baie gate en grafte wat ingeval is. Die gras is lank en die bye het ons behoorlik geklits. PROF. Dirk POSTMA - stigter van die Gereformeerde Kerk en die Teologiese skool se graf is daar asook van die ander POSTMA predikante. Daar is ook heelwat Engelse grafte en ook van onbekende soldate van die Britse Magte. Ons het die grootste gedeelte van hierdie begraafplaas afgeneem. Slegs die gedeelte aan die einde, waar die spruitjie loop, het ons nie gedoen nie. Die tyd was ook nie aan ons kant nie, en ons moes vir dit om die spruitjie gaan. Die grafte is ook baie verwaarloos. Chris en Annatjie Erasmus
Photographs by Fay Lea, Mike Myburgh, Shane Spargo,Timothey Greyvenstein, Chris and Annatjie Erasmus, Christo Schutte, Poppie Robberts, Corrie du Plooy, MCC Fourie, Peter & Henriette Sonemann
eGGSA captions done by Annatjie Erasmus, Sunelia Heath, Terry Terblanche, Wilna Eygelaar, Magda Alberts, Sue van der Berg, Riana le Roux, Annel Meyer, Lisa Botes, James Anderson, Cecile Schlebusch, Fern Swales.
The GGSA Cemetery CD only has information on the location of the cemetery:- Cemetery ID: 2782 Information submitted by: Annatjie Erasmus Google Earth Project Information:- GPSID: 3346 GPS: -30 59.800, 26 20.029
6. Memorial for the Burgers who died in the war 1899 - 1900
4. Monument te Ere aan Burgers 1899 en 1900 Ter Ere van Burger P. KLOPPER (hanged) Kom. J.H.L. OLIVIER (Killed in action) Burger J.A. DU TOIT (Killed in action) Burger F.P. MOOLMAN (Killed in action) Burger J.H. OLIVIER (Killed in action) Burger W. KOTZé (Killed in action) Burger D.S. DU PLESSIS (Killed in action) Burger J.P. GERRICKE (Killed in action) Burger SLABBERT (Killed in action 1899 Burger DIEDERICKS (Killed in action) Burger HOLTHUIZEN (Killed in action Burger VAN STADE (Killed in action Burger NEL (gesneuwel) ___________________ In die Tweede Vryheids Oorlog op Stormberg aansluiting DESEMBER 1900 _______________ Vir Vryheid en Reg Opgerig deur die "Ossewabrandwag" van Burgersdorp en Distrik as aanvulling van Die monument op Burgersplein, Burgersdorp. O, Juda, betaal jou geloftes! Nahum 1:15
contributed by: Annatjie Erasmus
viewed 1471 times